Beeld's Marzanne van den Berg explores wellness from mother nature
Jan 22 2009 – Saamgestel deur Marzanne van den Berg (http://www.news24.com/Beeld/Vroue/0,,3-1841_2457578,00.html)
| |||||||||
Daar is ’n remedie daarvoor!
Dít is nie net die titel, direk vertaal, van Eugenie Rowson se boek oor homeopatie nie, maar ook haar filosofie. Enige alledaagse skeet of kwaal kan met ’n homeopatiese middel reggestel word, glo sy.
Rowson het in meer as tien jaar gevorder van oningewyde tot entoesias tot geregistreerde natuurlike-gesondheidspraktisyn. There’s a remedy for that! is die gevolg van dié reis. En ook haar poging om ander te inspireer om beheer te neem oor hul eie gesondheid.
Rowson het toevallig op homeopatiese middels afgekom toe ’n apteker een van dié middels vir haar oudste seun se soveelste mangelontsteking aanbeveel het.
Nadat sy jare lank met die oudste twee kinders keer op keer by dokters was, was sy verstom dat dié pilletjies gewerk het. Sy het begin soek vir leesstof oor homeopatie. In die jare daarna het sy haar gesin gesond gehou terwyl hulle saam met haar hotelbestuurder-man in afgeleë gebiede oor die hele Suider-Afrika gewoon het.
Toe hulle later in Brittanje gewoon het, is sy opgelei as homeopaat en hipnoterapeut. Rowson is ’n lid van die Britse Instituut vir Homeopatie.
Angstigheid is deesdae algemeen. Rowson beveel die volgende homeopatiese middels aan. Kyk watter simptome die gedrag die beste beskryf.
Aconitum 200c (of Rescue Remedy): Vir skielike en intense vrees, skok, paniekerigheid, angstigheid, bekommernis en voorspooksels vergesel deur asemhalingsprobleme, hartkloppings met steekpyne in die bors, warm gloede en sweet.
Argentum Nitricum 200c: Vir paniekerigheid of kommer oor 'n opkomende gebeurtenis, soos 'n eksamen, onderhoud of vlug; uitstekend vir angstigheid wat met 'n omgekrapte maag gepaard gaan.
Arsenicum Alb 200c: Vir groot vrees, angstigheid of paniekerigheid vergesel deur rusteloosheid of uitputting; onnetheid, wanorde of verwarring steur jou; jy is oorsensitief vir pyn, geraas en reuke; goed vir iemand met ipekonders.
Gelsemium 200c: Veral goed vir vrese en paniekerigheid voor 'n gebeurtenis soos 'n eksamen; jy voel emosioneel en fisiek afgestomp; jy's ongemotiveerd.
Kali Phos 200c: 'n Noodsaaklike brein-, senuwee-, hart- en longvoedingstof wat help met simptome van angs, angstigheid, spanning, paniekerigheid, histerie, duiseligheid, hartkloppings, kortasem, nagvrese, slapeloosheid, diarree, lusteloosheid, geïrriteerdheid, depressie en oorsensitiwiteit.
Lycopodium 200c: Vir 'n gebrek aan selfvertroue en moed; as jy bang is oor 'n opkomende gebeurtenis; jou geheue is swak; klein dingetjies irriteer jou; jy is bang jy gaan onder spanning vou.
Pulsatilla 200c: Vir vrees of angstigheid oor skeiding wat lei tot klouerigheid, huilerigheid en emosionele wispelturigheid; vrees dat 'n geliefde sal seerkry; uitstekend vir paniekerigheid gekoppel aan skeidingsangs, ook by babas en kinders.
Skakel of kliek
Rowson het 'n praktyk in Hyde Park, Johannesburg, en bied gereeld slypskole en praatjies aan. Skakel die praktyk by 076 130 8058 of besoek theresaremedyforthat.com vir meer inligting of om die boek of homeopatiese middels te bestel.
Hoe werk dit?
Homeopatiese middels oorkom siektes deur die liggaam se immuunstelsel te stimuleer. Dit werk op die beginsel dat 'n persoon behandel kan word met 'n middel wat by 'n gesonde persoon soortgelyke simptome sal ontlok as die siekte.
Hoe word dit gemaak?
Homeopatiese middels word gemaak deur 'n natuurlike stof, afkomstig van plante, minerale of metale, fyn te maal en in 'n oplossing van water en alkohol te laat week. Die mengsel word gefiltreer, die stof word weggegooi en die water-en-alkohol-oplossing behou.
Dié oplossing word dan verdun met een druppel teenoor 99 druppels vars water-en-alkohol-oplossing en goed geskud om die 1c-sterkte te verkry. Die middel word verder verdun tot die sterktes soos 6c, 12c, 30c en 200c. Navorsing het getoon dat die middels meer doeltreffend word hoe meer dit verdun word, skryf Rowson.
'n Middel kan vir gebruik op suikertablette gedrup word of direk as mondsproei of druppels onder die tong of in water geneem word. Dit kan ook by rome en salwe gevoeg word.
Omstredenheid
Dit is tot dusver nog nie wetenskaplik bewys dat homeopatiese middels werk nie, tog glo miljoene wêreldwyd daarin. Dit is die feit dat die oorspronklike natuurlike middel uit die water-en-alkohol-oplossing weggegooi word en die middel dan nog verder verdun word, wat wetenskaplikes noop om dit plasebo-middels, oftewel troosmedisyne, te noem, skryf Rowson. Daar is geen molekules van die oorspronklike middel te sien onder 'n mikroskoop nie. 'n Homeopatiese middel bevat die elektro-magnetiese frekwensie van die oorspronklike natuurlike stof.
"Ondanks baie aansprake deur homeopate, is daar geen bewys dat hoogs verdunde homeopatiese middels van plasebos verskil nie," het prof. Edzard Ernst geskryf. Ernst was die eerste professor in aanvullende geneeskunde in Brittanje.
Die dokter se rol
Haar boek vervang nie professionele mediese raad nie, skryf Rowson, en jy moet 'n dokter raadpleeg as jy oor jou gesondheid besorg is.
Rowson raai lesers ook aan om nie op te hou om medisyne wat jou dokter voorgeskryf het te neem sonder om jou dokter te raadpleeg nie.
There’s a remedy for that! is nie ’n allesomvattende homeopatiese gids nie. Rowson het eerder die algemeenste middels geneem en aan die hand van ’n lys algemene simptome van A-Z verduidelik. Die lys sluit byna 100 kwale in met ’n kuur vir alles.
Search the site
Articles of interest
Good vibes newsletter Nov / Dec 2009
13. November 2009, 07:36
Click on one of the pictures above for a readable version of the newsletter. For your own copy of Good …
Relief for an arthritis sufferer - reducing acidity
3. April 2009, 08:42
Q: I suffer with rheumatoid arthritis and osteoporosis in my hips . I suffer with terrible pains in my knees ankles …
Mother nature to the rescue
5. November 2008, 22:53
The symptoms of stress are caused by the hormone adrenaline which prepares the body for the flight and fight reaction …
Press archives
Natural Healing
15. November 2010, 14:16
The Ill-effects of electro-pollution
15. November 2010, 14:03
The Wedding Collection
15. November 2010, 13:32
Doen Jou Lyf 'n Guns
12. November 2010, 14:34
Body detox
12. November 2010, 14:06
Stimulate the Body's Healing Mechanisms
12. November 2010, 13:56
Remedy Beats Daily Radiation
12. November 2010, 13:50
Natural Way to Soothe Irritation
12. November 2010, 13:05
Keep Stresses Low
12. November 2010, 12:56
Health benefits of detox
12. November 2010, 12:25
Omvattende gesondheidsorg
12. November 2010, 12:18
A change of heart with homeopathy
12. November 2010, 11:43
There's a 'Natural' remedy for that!
28. October 2010, 15:18
Spotlight on Berberis Vulgaris
28. October 2010, 14:36
La Femme, EP Herald
20. January 2010, 07:16
Can South Africans afford to get sick? Alternative medicines keep medical costs down
16. October 2009, 11:18
Appeltiser Health Expo - Sandton City Sept 2009
28. September 2009, 19:50
Bounce back! Get homeopathic help!
28. September 2009, 18:59
Child magazine on Genie, her book, her family and her love for homeopathy ...
26. March 2009, 08:31
Health 24 explores homeopathy for headaches and migraines
12. February 2009, 21:25
Beeld talks about 'Gesondheid uit die grond uit'
23. January 2009, 18:02
Beeld's Marzanne van den Berg explores wellness from mother nature
23. January 2009, 12:08
'A thoroughly enjoyable read' - The British Institute of Homoeopathy
11. November 2008, 12:13
'Genie's book is a definite mood enhancer!' - Jax Mitchell, The Star
5. November 2008, 22:51
Calm your exam nerves the natural way (The Citizen)
28. October 2008, 18:23
There's no need to rush off to a doctor with every common ailment
24. October 2008, 09:00
Longevity magazine gives Genie's book the thumbs up
19. October 2008, 19:45
Treating the 'dreaded' menopause with nature's best
11. October 2008, 08:20
Millions of celebs, royalty and ordinary people have been healed through homeopathy
25. September 2008, 10:50
The Citizen explores safer ways to improve your health
8. September 2008, 17:40

